5 Tekens van gehoorverlies

Is jy hardhorend of is jy besig om doof te word?  Hier is hoe jy die tekens van gehoorverlies kan identifiseer, asook riglyne oor hoe om jou gehoor te beskerm.

  • Vra jy gereeld vir mense om hulself te herhaal of reageer jy deur die volgende te sê: “wat?”, “ekskuus?”, “sê weer.”
  • Sit jy die TV of radio/musiek se volume uitermatig hoog, of sit jy naby die TV wanneer die volume aanvaarbaar is vir ander.
  • Jy liplees, hou die spreker se gesig fyn dop en sukkel om te lokaliseer waar klank vandaan kom.
  • Jy sukkel om spraak te verstaan in ‘n raserige omgewing soos restaurante. Jy onttrek jouself van gesprekke.
  • Jy sukkel om sekere stemme oor die telefoon te hoor en ruil dikwels ore terwyl jy op die telefoon praat.

 

Riglyne oor hoe om jou gehoor te beskerm

Die oor is ‘n delikate struktuur en dis nie altyd moontlik om ‘n gehoorverlies as resultaat van ouderdom, siekte of genetiese oorsake te voorkom nie.  Daar word wel voorspel dat minstens die helfte van gehoorverlies gevalle voorkom kon word deur die volgende stappe te volg:

  • Maak gebruik van gehoorbeskermers indien jy in ‘n raserige omgewing werk, waar die geraas so hard is dat dit moeilik is om ‘n gesprek te voer.
  • Dra gehoorbeskermers of oorpluisies tydens musiekvertonings waar die klank baie hard is. Jy moet nooit ‘n gesing/gesuis in jou ore hê na jy na musiek geluister het of blootgestel was aan harde klanke nie.
  • Dra gehoorbeskerming as jy jag of skiet.
  • Moet nooit enige voorwerpe soos vingers, oorstokkies of watte in jou ore druk nie.
  • Monitor die vlak van die TV of radio se volume.
  • Laat jou gehoor op ‘n gereelde basis toets, veral as jy ‘n familiegeskiedenis van gehoorverlies het.

Picture1

Nuusflits_April_2016__Compatibility_Mode_

 

INTERESSANTE FEIT: Die meeste mense wat ‘n gehoorverlies het is onder die ouderdom van 65.