Middeloorinfeksie (Otitis Media)

Hearing Hub Audiologist in Pretoria

Middeloorinfeksie (Otitis Media) – Oudioloë in Pretoria

Seer ore, rooi ore, nat ore – klink dit bekend?

Middeloorinfeksie kom algemeen voor by kinders.  `n Middeloorinfeksie is vloeistof wat opbou in die middeloorsisteem en ontsteek raak.  `n Middeloorinfeksie word ook algemeen aangetref na of tydens `n verkoue.

Vir kinders is dit van kritiese belang om alle spraakklanke korrek te kan hoor vir die aanleer van korrekte taal- en spraakvaardighede.  Kinders moet soveel as moontlik ouditiewe stimulasie ontvang en met `n middeloorinfeksie is daar `n tydelike gehoorverlies teenwoordig wat dus veroorsaak dat hulle uitmis op sekere sagte klanke.  Dit kan lei tot verdere leer- en konsentrasieprobleme, asook lees- en spelprobleme.

Dit is dus van uiterse belang om te verseker dat daar nie `n middeloorinfeksie teenwoordig is nie.

Kom gerus vir `n gehoortoets as u bekommerd is oor u kind se gehoor.

Vloeistof bou op in die middeloorsisteem (die groen gedeelte)