Is een of twee apparate nodig?

Gehoorapparate

Phonak Hearing Aids

Is een of twee apparate nodig?

Ons het twee ore gekry om mee te hoor.Dieselfde geld vir die pas van gehoorapparate. In meeste gevalle is dit noodsaaklik om twee apparate te pas. Indien daar `n gehoorverlies in beide ore is, gaan een apparaat nooit dieselfde effek hĂȘ as wat twee apparate het nie. Dit beteken dus ook dat die gehoorverbetering nie so goed is nie en die persoon steeds gaan sukkel om te hoor.

Daar is ook `n afname in gehoor in die oor wat nie gepas word nie. Die brein vereis ouditiewe stimulasie vanaf beide ore om die inligting korrek te prosesseer. Die ore werk dus as `n eenheid op dieselfde manier as wat die brein met sy twee dele werk.Tegnologie in vandag se apparate is uitstekend ten einde gehoorprobleme grootliks op te los.

Om meer uit te vind oor gehoorapparate, moenie huiwer om ons te kontak nie.